Mans in Pta vasgetrek met ammunisie
2011-04-15 14:51
Pretoria – Twee mans is in Soshanguve, Pretoria, in hegtenis geneem nadat 'n ongelisensieerde pistool en ammunisie in hul besit gevind is, het die polisie Vrydag gesê.
"Ons het ook vasgestel dat die vuurwapen Woensdagaand in 'n gewapende rooftog in die gebied gebruik is," het kapt. Solly Marindi gesê.
"Die slagoffer van die beweerde rooftog het ook die twee mans as die rowers uitgewys," het hy gesê.
Marindi het gesê die mans, 18 en 20 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem.
Die 18-jarige het aan die polisie gesê hy het die vuurwapen by sy oom gesteel.
Die polisie is nou op soek na die oom.
Die mans sal na verwagting Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA