Mans gestenig ná hul glo meisies beroof
2012-01-23 13:00
Durban – Twee mans is gestenig nadat hulle twee meisies glo van hul selfone in die informele nedersetting Minitown naby Georgedale beroof het, het die polisie in KwaZulu-Natal Maandag gesê.
“Twee mans is Sondagoggend in Minitown met klippe doodgegooi,” het lt. kol. Vincent Mdunge gesê.
Die meisies het om hulp geroep en plaaslike inwoners het hulle te hulp gesnel.
“Die inwoners het hulle agternagesit en hulle met klippe doodgegooi.”
Twee sake van moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA