Mans ernstig beseer toe bakkie omslaan
2011-08-27 20:56
Johannesburg – Twee mans is ernstig beseer toe die bakkie waarin hulle gery het op die R24 buite Rustenburg omgeslaan het, het amptenare gesê.
Lesiba Moses Kgwele, die woordvoerder vir Noord-Wes se departement van publieke veiligheid het gesê die Mitsubishi Colt-bakkie het naby die Maanharand-brug omgeslaan na ‘n band gebars het.
“Daar word beweer die band het gebars oor die bakkie met kruideniersware oorlaai was,” het hy gesê.
Die mans het ernstige kopbeserings opgedoen is na die Job Shimankana Tabane-hopspitaal geneem.
Die 46-jarige bestuurder is nie beseer nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA