Mangaung: Jeugliga wil nasionalisering bespreek
2012-12-14 13:51
Johannesburg – Die ANC-jeugliga sê hy sal resolusies oor die nasionalisering van sekere minerale- en mynmaatskappye by die regerende party se nasionale verkiesingskongres voorstel.
“... Ons sal die nasionalisering van die volgende minerale voorstel: ystererts, magnesium, die platinum-groep-minerale, vanadium, mangaan, steenkool en sink,” het ‘n verklaring gelui.
“Ons sal verder ‘n oproep doen vir die hernasionalisering van Saso, ArcelorMittal en Kumba [Iron Ore] as strategiese bates wat onder die bestuur van die staat moet wees, wat alle Suid-Afrikaners sal bevoordeel,” het Khusela Sangoni-Khawe, kommunikasiehoof van die liga, gesê.
Die verkiesingskonferensie skop die naweek by die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein af.
Tussen 50 000 en 200 000 besoekers word in die stad verwag.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA