Mandelas in familietwis ná Zenani se dood
2010-07-04 11:55
Kaapstad – Zwelakhe Mankazana, die kêrel van Zenani Mandela, een van Nelson Mandela se dogters, is verbied om die familie te besoek.
Dít kom ná Mankazana se betrokkeheid by die motorongeluk verlede maand, wat die lewe van Madiba se agterkleinkind, wat ook Zenani genoem word, geeïs het.
Mankazana is die pa van Sizwe, wie die motor op 11 Junie bestuur het. Die 13-jarige Zenani is in die ongeluk dood.
Dié tiener is die dogter van Zoleka Seakamela, wie se ma Zindzi Mandela, die dogter van Winnie Madikizela-Mandela is.
Gerugte doen die ronde dat Zindzi is woedend en het glo vir Mankazana, wie saam met Zenani uitgaan en sy seun, Sizwe, verbied om die familiehuis te besoek.
Volgens die Sunday Times is dié pa en seun glo drie weke gelede gevra om nie meer die familiehuis te besoek, totdat Sizwe wat op aanklagte van strafbare manslag en dronkbestuur tereg staan, se saak afgehandel is.
Zenani wat twee weke gelede begrawe is, het in ‘n motorongeluk gesterf nadat hulle die Wêreldbeker-openingskonsert in Soweto bygewoon het.
- Vir die volledige storie besoek TimesLive.
- Volg Nuus24 op Twitter.