Mandela wys ons die pad, sê Zille

2011-04-27 06:41
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ANC- en DA-ondersteuners het mekaar gister in Mamelodi, oos van Pretoria, onder die wakende oog van die polisie uitgejou waar Helen Zille, DA-leier, ’n byeenkoms toegespreek het.

Zille en verskeie DA-afgevaardigdes, onder andere Brandon Topham, die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane, het aan die vooraand van Vryheidsdag ’n paar honderd ondersteuners op Solomon Mahlangu-plein toegespreek.

Die polisie het toegesien dat ’n groepie ANC-ondersteuners nie die byeenkoms ontwrig nie.

Dié ondersteuners het ná die byeenkoms hul eie saamtrek by Mahlangu se standbeeld gehou waar hulle gedreunsing het dat hy (Mahlangu) aan die ANC behoort.

Zille het oor Suid-Afrikaners en hul vryheid gepraat en gesê apartheid het nie net sommige nie, maar almal verneder.

Op Vryheidsdag word die helde en heldinne onthou wat die onmenslikheid van verdrukking beveg het, het sy gesê.

Dis mense soos Albert Luthuli, Mohandas Gandhi, Nelson Mandela, Oliver Tambo, Walter Sisulu, Alan Paton, Helen Suzman, Chris Hani en baie ander.

Volgens Zille kan niemand van vryheid praat terwyl soveel mense in armoede gedompel en sonder hoop is nie.

Sy het na die emosionele erfenis van apartheid verwys en gesê elke mens dra die letsels daarvan.

Mense kan nie gevoelens van gekrenktheid, swak selfbeeld, vernedering, skuld en ontkenning deur konfrontasie of in die howe oorkom nie, het die DA-leier gesê.

Volgens Zille is daar by alle Suid-Afrikaners ’n hunkering om gesien, gehoor en verstaan te word.

“Nelson Mandela het ons die pad vorentoe gewys.

“Versoening vra moed en vrygewigheid.

“Ons het dié pad ’n bietjie byster geraak. Laat ander maar verdeel, ons moet verenig.”

Elke Suid-Afrikaner het die reg om vir die party van sy keuse te stem, het sy gesê.

“As jy kies om die DA te ondersteun, kies jy dat die stryd vir waardigheid, geleenthede en versoening voortgesit word.”

Verskeie ondersteuners het gesê hulle het vertroue in Zille en glo dat sy verandering in mense se lewens kan bring.

Peggy Rasaroka (22) het gesê: “Ek hoop dat die DA sal help om my lewe te verbeter, want nou sit ek net by die huis.”

“Ek wil ’n werk en ’n beter lewe hê. My hoop is op die DA,” het me. Dimakatso Mashike (23) gesê.

Themba Mabela (43) het gesê: “Die ANC het ’n klomp goed belowe soos beter onderwys vir my kinders. Ons het niks daarvan gesien nie. Ons het nie water, paaie of werk nie. Ek het niks en al wat ek by die ANC sien, is korrupsie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.