Mandela se suster sterf
2012-01-29 20:06
Johannesburg – Oudpresident Nelson Mandela se suster, Nokuthamba, het gesterf, het die familie Sondag gesê.
“Die Mandelas het gisternag met groot hartseer van haar sterfte verneem,” het Mandela se kleinseun Nkosi Zwelivelile Mandela in ‘n verklaring gesê.
Nokuthamba, wat op 16 Februarie 1930 gebore is, was Mandela se enigste oorlewende suster.
Mandela se kleinseun het gesê sy sal deur die hele familie gemis word.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA