Mandela se hartseer voor Wêreldbeker

2010-06-12 07:35
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Johannesburg - Oudpres. Nelson Mandela “vaar goed onder omstandighede” nadat sy agterkleindogter Vyrdagoggend vroeg tragies dood is.

’n Familielid wat die ongeluks­motor bestuur het waarin sy dood is, is van strafbare manslag en dronkbestuur aangekla, maar die saak is gister van die hofrol geskrap sodat dit eers verder ondersoek kan word.

Zenani Mandela het Woensdag 13 jaar oud geword.

Die oudpresident “vaar goed onder omstandighede” nadat hy van haar dood gehoor het, het Sello Hatang, woordvoerder van die Nelson Mandela-stigting, gesê.

Die stigting het vroeër die dag gesê Madiba sou nie die openingseremonie en die wedstryd tussen Bafana Bafana en Mexiko in ­Soccer City bywoon nie omdat dit onvanpas sou wees.

Zenani, een van Mandela se nege agterkleinkinders, was vroeër die aand saam met onder andere Zoleka Seakamela, haar ma, en Winnie Madikizela-Mandela by die WB 2010 afskopkonsert by die Orlando-stadion in Soweto. Sy het na bewering in ’n ander motor as haar ouers gery.

Shakira en die Black Eyed Peas was glo van Zenani se gunsteling-kunstenaars.

Vroeë gerugte dat ­Madikizela- Mandela en ­Seakamela ook in die motor was, is Vrydag deur Hatang ontken.

Volgens Hatang was Zenani omstreeks 00:45 saam met twee ander familielede in die motor onderweg huis toe toe die ongeluk gebeur het.

Brig. Govindsamy Mariemuthoo, polisiewoordvoerder, het gesê die bestuurder is kort ná die ongeluk in hegtenis geneem. Hy sou gister in die hof verskyn het.

Madikizela-Mandela is verbys­terd oor Zenani, haar oogappel, se dood, berig Jan-Jan Joubert.

Madikizela-Mandela is na die Morningside-Medi-Clinic geneem waar sy vir skok behandel is nadat sy die nuus ontvang het. Zenani is die kleindogter van haar en Madiba se dogter Zindzi.

Seakamela is platgeslaan, het Vuyisile Mafalala, ’n woordvoerder, gesê.

Boodskappe van medelye het ­reeds vroegdag ingestroom. Pres. Jacob Zuma het namens die regering sy simpatie teenoor die Mandela-familie betuig.

“Die nasie is saam met julle in rou, veral op dié dag waarop ons drome en hoop verwesenlik word met die opening van die eerste Wêreldbeker-sokkertoernooi in ­Afrika” lui ’n verklaring.

Die ANC en sy twee al­liansievennote, die SAKP en die vakverbond Cosatu, het hul skok en hartseer oor die verlies en hul medelye teenoor Seakamela uitgespreek. Ook opposisiepartye het die familie sterkte toegewens.

Mnr. Sepp Blatter, Fifa-president, en die plaaslike reëlingskomitee het ook hul medelye aan die familie gestuur.


- Die Burger

Lees meer oor: nelson mandela  |  ongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.