'Mandela het nasionalisering ondersteun'
2010-02-11 15:44
Paarl – Nasionalisering was ‘n beleid wat Nelson Mandela self ondersteun het, het Julius Malema Donderdag gesê.
Malema het gepraat by ‘n ANC-ontbyt wat by Drakenstein-gevangenis naby die Paarl gehou is om die 20ste herdenking van Mandela se vrylating te vier.
Malema het gesê dat Mandela ‘n generasie verteenwoordig het wat die ANC van ‘n gemiddelde organisasie na ‘n vegtende mag verander het.
Hy sê Mandela het gepraat van nasionalisering as ‘n beleid van die beweging.
“Ons staan gekant teen enige helde wat nasionalisering wil teenstaan en sê dat dit nie ‘n beleid van die ANC is nie,” het Malema gesê.
“Madiba self is beter geplaas om ‘n behoorlike interpretasie te gee van die Vryheidshandves, want hy was op die voorgrond as ‘n hoof-vrywilliger.”
Malema het verwys na die ANC se veldtog van openbare teenstand van die 1950s.
Hy het gesê dat Mandela by die Kliptown kongres van die mense ‘n leier was.
“Hy het baie goed verstaan wat die Vryheidshandves beteken. Dus wil vandag se jeug nie toestemming hê van enige individu om op te leef na die verwagtinge van die 1944-generasie nie.
“Mandela en sy generasie het gesê vryheid in ons leeftyd en ons wil vandag ekonomiese vryheid in ons leeftyd verkondig,” het Malema gesê.
- Sapa