Mandela-geboorteplek kry 'n skool
2011-06-17 21:52
Kaapstad – Die Duitse maatskappy Siemens AG gaan ‘n
projek om ‘n skool in Nelson Mandela se geboorteplek te bou, befonds.
Dit sal sowat R69 miljoen kos om die Mandela
School of Science and Technology in Mvezo in die Oos Kaap te bou.
Die inisiatief word gelei deur die Sweedse entrepreneurs
Dan en Christin Olofsson sowel as die Aba Thembu-stam en Nkosi Zelivelile
Mandela, lid van die parlement.
Die skool sal uitgerus word met ‘n ouditorium,
koshuise, biblioteek en sportsentrum.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA