Mandela-dogter moet opdok ná blaps met bokshelde
2011-12-23 12:45
Johannesburg – Nelson Mandela se dogter Zindzi moet R62,1 miljoen vir kontrakbreuk aan 'n bokspromotor van Los Angeles betaal, the The Star Vrydag berig.
Dít volg nadat die bokskampioene Floyd Mayweather Jr en Manny Pacquiao vir 'n boksgeveg as deel van die oudpresident se 93ste verjaardagvieringe na Suid-Afrika sou kom.
Moody het in hofdokumente aangevoer dat die geleentheid verlede maand by die Orlando-stadion in Soweto gehou sou word, maar onderhandelinge met Mayweather het deur die mat geval toe Zindzi nie die geld kon kry om die geleentheid te finansier nie.
Regter Richard Niedorf het beslis Zindzi moet Moody betaal.
Moody het Zindzi gedagvaar vir verbreking van ’n verbale kontrak, belofte sonder die bedoeling om op te tree en 'n nalatige wanvoorstelling.
"Ons wil niks verder sê nie omdat dit dalk die proses om die geld te kry kan beïnvloed," het Jamie Keeton, Moody se prokureur, gesê.
Zindzi se Amerikaanse verteenwoordiger, Michael Lodge het gesê Zindzi is bewus van die uitspraak en dat sy geglo het Mohlaleng Media sou die regskostes dek omdat sy 'n konsultant by die maatskappy was.
Mohlaleng Media het nie reageer op vrae wat aan hulle gestuur is nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA