Mandela-dag 'gaan oor versoening' - Sexwale
2011-06-20 17:57
Johannesburg – Nelson Mandela is nie bekend daarvoor dat hy ‘n vryheidsvegter of voormalige president is nie, maar dat hy na versoening gestreef het, het Tokyo Sexwale, trustee van die Nelson Mandela Stigting en minister van behuising, Maandag gesê.
“Hy het ‘n wit vlag in die hande van sy vyande geplaas en hulle gehelp om dit te huis. Dit is wat die wêreld in hom gesien het en dit is wat Internasionale Mandela-dag vier,” het Sexwale by die bekendstelling van die 2011-vieringe van dié dag in Houghton gesê.
Internasionale Nelson Mandela-dag sal op 18 Julie gevier word. Dié dag, wat ook die voormalige president se verjaardag is, word sedert 2009 herdenk om Mandela se impak op die wêreld te vier.
Die bekendstelling is gehou om konteks vir die dag te voorsien en om Mandela se bydrae tot die skepping van ‘n demokratiese Suid-Afrika te onthou.
Sexwale het gesê mense was nie daar om die man self te onthou nie, maar eerder dít waarvoor hy gestaan het.
“Nelson Mandela se invloed sal slegs in Suid-Afrika gevoel word wanneer mense sy idees navolg en hul verskille met hul vyande versoen.
“Die boodskap is in ons hande. Madiba sal nie altyd met ons wees nie en hierdie dag bestaan om ons te herinner dat ons almal moet seker maak die boodskap word oor die wêreld heen versprei.”
– Winnie Madikizela-Mandela, Mandela se eksvrou en ANC-veteraand, het Sondag die herverkose ANC-Jeugleier, Julius Malema, geprys en gesê hy is soos haar eksman.
Malema het gesê as die ANC faal met grondhervorming, sal die Jeugliga “’n revolusie lei wat grond sal terugeis” uit die hande van die land se minderheid-eienaars.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA