Mandela-brug weer oop
2010-06-04 12:16
Johannesburg – ‘n Karnaval-gees het in Johannesburg geheers toe burgermeester Amos Masondo die opgedolliede Mandela Brug oopmaak vir die publiek.
“Parys het die Eiffel Tower, New York het die Statue of Liberty en Suid-Afrika het die Mandela Brug,” het die burgermeester trots gesê.
Masondo het die lint gesny en twee reuse baniere met Mandela se gesig op, is ontvou.
So is die brug simbolies heropen, ‘n week voor die begin van die sokkertoernooi.
Langs die kant van die brug is twee reuse baniere wat internasionale vlae en juigende toeskouers uitbeeld.
“Ons doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om hul harte oop te maak vir die besoekers van die Wêreldbeker-sokketoernooi en hulle te verwelkom,” het Masondo gesê.
Masondo het sy dans-skoene aangehad en die skare vermaak met ‘n diski-dans.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA