Mandela se kleinseun minag hof ná troue
2011-12-25 09:30
Johannesburg – Tando Mabunu het haar prokureur, Wesley Hayes, opdrag gegee om 'n aansoek vir minagting van die hof teen oudpres. Nelson Mandela se kleinseun, Mandla, en sy vrou, Nodiyala Mandela, in te dien.
"Jy moet onthou dat Mandela en sy vrou, Nodiyala, die hof minag. Hulle het 'n hofbevel verontagsaam. Ek is besig om die dokumente op te trek," het Hayes Saterdagaand gesê.
Prinses Mbalenhle Makhathini en Mandela is Saterdag tydens privaatvieringe in die Mvezo-paleis in die huwelik bevestig.
Vroeër vandeesweek is 'n voorwaardelike hofbevel teen Mandela, wat hom verhoed om met enigiemand te trou terwyl hy nog met Mabunu getroud is, aan sy vervreemde vrou toegestaan.
Hoewel Mabunu nie Saterdag in Mvezo gesien is nie, word daar geglo dat sy Vrydag vanaf Johannesburg na Mthatha gevlieg het.
Hayes het gesê hy sal die hof volgende week nader.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA