Man wen R20 milj met ou lottokaartjie

2009-09-02 07:08
Tweets Share Share line Print

Magdel Fourie

Johannesburg - ’n Man van Gauteng het vyf maande lank onbewustelik met ’n wen-lottokaartjie ter waarde van R20 miljoen in sy motor rondgery.

Die man van iets in die vyftig het sedert die lotto-trekking op 28 Maart met dié wenkaartjie in die sypaneel in sy motordeur gery, het Thembi Tulwana, Gidani-woordvoerder, gesê.

Dit het hom egter ontgaan tot hy vandeesweek op die kaartjie met die ses korrekte nommers daarop afgekom het.

“Ek het my kinders die dag by die skool gaan haal en was toevallig vroeg. Ek besluit toe om al my kaartjies in die deur se paneel na te gaan,” het hy gesê.

’n Handelaar het sy meer as 50 kaartjies nagegaan en hy het telkens tussen R30 en R100 in klein kontantpryse losgeslaan.

Die lottomasjien het egter aangedui die laaste kaartjie is “nie gemagtig om uit te betaal nie”.

“Ek het toe besluit om dié kaartjie na Gidani se kantore in Midrand te neem. Toe ek daar kom het hulle vir my gesê ek is R20 miljoen ryker,” het die man, wat ’n tegnikus is, vertel.

Tot dusver het hy nog geen feesvieringe beplan nie.

“Die eerste ding wat ek gaan doen is om al my skuld af te betaal, waarna ek ons huis gaan opknap en in my kinders se toekoms sal belê.”

- Die Burger

Lees meer oor: kan jy glo

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.