Man wat whiskey op Zuma gooi gou gevonnis
2011-09-07 10:06
Durban – 'n Gautengse man wat skuldig bevind is nadat hy 'n drankie op pres. Jacob Zuma gemors het, word Woensdag in die Durbanse landdroshof gevonnis.
Daryl Peense is op 27 Julie skuldig bevind op aanklag van aanrandig, het Natasha Ramkisson, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag gesê.
Peense is verlede jaar by die Durban July-perdewedren in hegtenis geneem.
Tydens die verhoor het hy ontken dat hy opsetlik sy drankie op die president gemors het. Peense beweer die drankie het gemors toe mense teen hom gestamp het om Zuma te sien.
Peense was dronk toe die voorval plaasgevind het.
Betoë ter strafverswaring en -versagting sal Woensdag aangehoor word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA