Man wat vrou laat verkrag word steeds gesoek
2012-01-06 18:05
Johannesburg – Die soektog na die 51-jarige man wat gesoek word in verband met ‘n aanval op sy vervreemde vrou en die moord van haar seun was Vrydagmiddag nog onderweg, het die polisie in Limpopo gesê.
“Hy word nog gesoek, nog niks nuut het vorendag gekom nie,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê.
Hy het bygevoeg dat die man nie meer in Limpopo is nie, maar dat die polisie besig is om nader aan hom te kom.
“Ons het hier te doen met ‘n intelligente man, hy is ontwykend. Hy is nie in Limpopo nie, maar ons is stadig maar seker om nader aan hom te beweeg en ons sal hom vastrek. Ons het die span van speurders vergroot. Ons werk saam met die Valke en ek is vol vertroue dat hy in hegtenis geneem sal word.”
Mulaudzi het bygevoeg dat daar redes is om te vermoed dat iemand die man inlig van die polisie se aksies.
Hy het gerugte dat die man in Kimberley in die Noord-Kaap gesien is verwerp.
Die man het glo drie mans, wat glo van sy werkers was, gedwing om sy vervreemde vrou te verkrag, waarna hy sy 19-jarige seun doodgeskiet het.
Die man het van die toneel gevlug in sy wit Toyoyta Fortuner met die nommerplaat DCS 392 FS.
Mulaudzi het gesê die vrou is Donderdag vir waarneming na ‘n hospitaal geneem.
“Ons het haar na die hospitaal geneem. Sy het nie lekker gevoel nie en ons hoop dat sy vandag (Vrydag) ontslaan sal word.”
– Volg Nuus24 op Twitter