Man wat vragmotors kaap kry 25 jaar
2010-08-24 00:08
Bloemfontein - 'n Man van Ladysmith is Maandag in die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy talle vragmotors op die N3 gekaap het.
Philani Sbongiseni Gamede (25) is gevonnis nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van kaping en ontvoering in Desember 2008 in Villiers, Warden en Van Reenen, het sers. Mmako Mophiring , Vrystaatse polisiewoordvoerder, gesê.
Die Vrystaatse Valke het die sake ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA