Man wat vierjarige verkrag kry lewenslank
2011-11-04 19:03
Kaapstad – ‘n Man wat ‘n vierjarige dogtertjie se nek
gebreek het terwyl hy besig was om haar te verkrag, is ‘n lewenslange
tronkvonnis toegedien.
Regter Isaac Madondo het in die
Pietermaritzburg hooggeregshof gesê dit is die ergste misdaad van dié aard wat
hy nog ooit teëgekom het.
Die 47-jarige Elphas Sigwebela van Harding in
KwaZulu Natal het skuldig gepleit.
Hy het die kind nader geroep terwyl haar ouma
diep in gesprek met ‘n ander vrou was en haar na sy kamer gelok.
Sy het begin skree toe hy haar verkrag waarna
hy haar gewurg het om haar stil te maak.
Hy het na die tyd besef sy is dood en haar
liggaam onder sy bed weggesteek.
Lede van die gemeenskap het haar liggaam daar
gevind nadat hulle agtergekom het sy is weg.
Sigwebela het erken dat hy alkohol gedrink het
daardie dag, maar dat hy ten volle bewus was dat wat hy doen verkeerd is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA