Man wat twee keer ontsnap terug in hof
2012-02-03 11:05
Johannesburg - Bongani Moyo, wat van roof beskuldig word, sal Vrydag in die Pretoria-landdroshof verskyn nadat hy uit aanhouding ontsnap het.
Moyo se saak is Dinsdag uitgestel om hom tyd te gun om die gedokumenteerde hofverrigtinge van 10 Augustus 2011, die dag waarop hy ontsnap het, deur te lees en te verstaan.
Hy het opslae gemaak toe hy op 10 Augustus op krukke uit die hof gestap het. Hy is drie weke later in hegtenis geneem.
Hy het aan die hof gesê hy het ontsnap omdat 'n polisiebeampte glo gedreig het om hom dood te maak.
Dit was nie die eerste keer wat die Zimbabwiër probeer ontsnap het nie. In Maart 2011 het hy uit ‘n tronk in Boksburg ontsnap en is byna drie maande later in hegtenis geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA