Man wat sesjarige verkrag in hof
2011-11-29 21:58
Johannesburg – ‘n Man wat ‘n sesjarige meisie verkrag het sal
binnekort in die Rustenburg-landroshof verskyn.
Die 22-jarige man is Sondagaand in Thrabane,
naby Rustenburg, in hegtenis geneem, het kaptein Pelonomi Makau in ‘n
verklaring gesê.
Die man het skynbaar die sesjarige meisie en
haar agtjarige vriendin gevra om saam met hom winkel toe te stap.
Hy het belowe om vir hulle lekkergoed te koop.
Volgens Makau, het die man eers die agtjarige
meisie probeer verkrag, maar sy het weggekom.
Hy het toe haar sesjarige vriendin verkrag.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA