Man wat rits misdade pleeg was op parool

2011-11-04 14:14
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – 'n Man wat die afgelope week ‘n rits misdade gepleeg het, is verlede maand op parool vrygelaat, het die polisie in Pretoria Vrydag gesê.

“Hy is ná ‘n inbraak in 2009 na die tronk in Boksburg gestuur. Hy is tot vier jaar tronkstraf gevonnis. Hy is op 21 Oktober op parool vrygelaat,” het ao. Annabel Middelton gesê.

Sy kon nie die rede vir sy vroeëre vrylating of die voorwaardes van sy parool gee nie.

Die 21-jarige het Maandag vuurwapens tydens ‘n huisbraak gesteel, waarna hy ‘n man in ‘n blommewinkel doodgesteek  en ‘n vrou in ‘n kerk verkrag het.

Hy is deur die polisie opgespoor en is gehospitaliseer nadat hy in die kop geskiet is, het Middelton vroeër in die week in ‘n misdaadverslag gesê.

“[Hy] het Maandagoggend by ‘n huis in Retiefstraat in Lyttelton ingebreek, waar hy twee vuurwapens, twee selfone, ‘n armhorlosie en ‘n skootrekenaar gesteel het. Hy het ‘n huishulp met skoenveters vasgebind en gevlug.

“Hy het na Cradockrylaan gehardloop en ‘n blommewinkel deur ‘n venster binnegegaan. ‘n Bakleiery het uitgebreek en hy het ‘n man, Peter Ntona-Maleka, 54, doodgesteek toe hy hom probeer verhoed het om die winkel te beroof.”

Die man het gevolglik na ‘n nabygeleë kerk op Unie-laan gevlug, waar hy die vrou aangeval en verkrag en daarna haar selfoon gesteel het.

Die man is in elkeen van dié voorvalle beseer en die polisie het sy bloedspoor tot by 'n kerk gevolg.

Toe die polisie by die kerk aankom, het die man die man die vrou gyselaar gehou. Sy het later ontsnap.

Skote is gevuur en die man is in die hand en die kop getref. Hy is onder polisie-toesig na Tembisa-hospitaal geneem.

Die polisie het die gesteelde items gevind, sowel as die verkragting-slagoffer se selfoon.

Afhangende van die man se beserings sal hy op 9 of 16 November in die Pretoria-landdroshof verskyn, het Middelton gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  verkragtings  |  diefstal

Lewer kommentaar op hierdie artikel
17 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.