Man wat pasiënt verkrag op vrye voet
2011-12-28 12:01
Durban – Die polisie is opsoek na 'n verpleër wat na bewering 'n geestelik gestremde pasiënt by die Osindisweni-hospitaal in Verulam noord van Durban verkrag het, het KwaZulu-Natalse polisie Woensdag gesê.
"'n Man wat vermoedelik 'n verpleër is, het 'n pasiënt na bewering Sondagaand in die stort verkrag," het kaptein Thulani Zwane gesê.
Die 30-jarige man het weggehardloop nadat hy deur die polisie ondervra is.
'n Woordvoerder vir die provinsie se gesondheidsdepartement, Chris Maxon, het gesê hy is geskok oor nuus van die voorval.
"Pasiënte is in die hospitaal om gehelp te word, nie om deur personeel aangeval te word nie," het Maxon gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA