Man wat nege kinders verkrag vasgetrek
2010-12-02 21:00
Johannesburg – ‘n Veertigjarige man is in Katlehong in hegtenis geneem nadat hy glo nege kinders verkrag het, het polisie in Gauteng Donderdag gesê.
Volgens kapt. Katlego Mogale is die vermeende reeksverkragter Woensdagaand in hegtenis geneem.
Hy sal die kinders, wat tussen die ouderdomme van sewe en 13 is, glo met roomys en lekkers na sy huis lok.
“Sodra die kinders in die huis is, sou hy pornografiese flieks speel en hulle beveel om uit te trek, waarna hy hulle verkrag,” het hy gesê.
Die man sal binnekort in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA