Man wat glo vrou vermoor op Facebook opgespoor

2011-06-23 09:07
Tweets Share Share line Print

Fanie Terblanche, wat sy vrou glo vyf jaar gelede vermoor en in Zambië geskuil het, word deur Mokopane-polisielede op die O.R. Tambo-lughawe in hegtenis geneem. (Bongiwe Gumede, Foto24)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nelspruit – 'n Voortvlugtige boer van Limpopo wat sy nuwe vrou glo vyf jaar gelede doodgery het, is Woensdag aan Suid-Afrika uitgelewer nadat hy deur middel van ’n Facebook-groep in Zambië opgespoor is.

Fanie Terblanche (41) van Mokopane (Potgietersrus) het omstreeks 17:30 onder bewaking van sowat ses Interpol-beamptes op ’n vlug van Lu­saka op die O.R. Tambo-lughawe aangekom.

Lede van die Mokopane-polisie en die Valke het Terblanche ingewag, waarna hy buite die gebou gearresteer is. Hy is kort daarna in ’n polisievoertuig gelaai en na Mokopane geneem waar hy na verwagting môre of Maandag in die landdroshof sal verskyn.

Terblanche het sy bruid van twee maande, Lizette (45), glo omstreeks middernag op 14 Oktober 2006 met sy Toyota Hilux-4x4-bakkie doodgery.

Volgens haar skoonsuster, Liesl Hobbs (37), het Li­zette ’n paar weke voor haar dood aan ’n familielid gesê sy vermoed Terblanche wil haar vermoor.

Daar word beweer hy het oor sy vrou en tante, ene Letitia, gery.

Hy het die tante, wat nog geleef het, na bewering in die pad gelos en Lizette se lyk glo in die bakkie gelaai en ure lank daarmee rondgery.

Letitia het hulp ontbied, maar Terblanche het later by haar en haar man se plaas stilgehou en na bewering met ’n vuurwapen op hulle losgebrand. Terblanche het daar weggejaag en is buite Hobbs se huis in die dorp aangekeer en gearresteer.

“Hy is herhaaldelik borgtog in die Mokopane-landdroshof geweier, maar hy is later in die Pretoria-hooggeregshof borgtog van R10 000 toegestaan. Hy het daarna spoorloos verdwyn en nooit opgedaag vir sy volgende hofverskyning nie,” het Hobbs gesê.

Volgens haar het niemand geweet waar Terblanche geskuil het nie en sy het toe die Facebook-groep “Help us find Fanie Terblanche – He killed my sister and is on the run!” gestig.

“Hy was elke keer ’n stap voor ons, maar ongelukkig vir hom is hy ’n mannetjie wat nie sy maniere verander nie. ’n Vrou in Livingstone het hom op Facebook herken terwyl hy met haar vriendin uitgegaan het. Ons het alles stilgehou totdat hy gearresteer is,” het Hobbs gesê.

Terblanche het glo destyds ’n familielid se paspoort gebruik om na Botswana en van daar na Zambië te vlug. Hy het na bewering vervalste identiteitsdokumente gekoop en onder meer die name Stephan Ross en Phillip Ross gebruik.

Volgens ’n bron in Zambië het Terblanche enkellopende vroue opgesoek, by hulle ingetrek en hulle het hom dan onderhou.

’n Polisietaakmag, gewapen met AK47-gewere, het Ter­blanche op 8 Mei (Moedersdag) in Livingstone aangekeer.

“My skoonma het langs my gestaan toe ek die oproep gekry het. Dit is die beste geskenk wat sy en Lizette se drie kinders vir Moedersdag kon kry. Ons is ongelooflik bly. Hy gaan vanaand minder as ’n kilometer van ons huis af in die polisieselle deurbring,” het Hobbs gesê.

Kol. McIntosh Polela, woordvoerder van die Valke, het gesê voordat Interpol aansoek kon doen om Terblanche uit te lewer, het die owerheid hom gedeporteer.

“Interpol-beamptes het Terblanche hierheen vergesel en hy sal vanaand (Donderdag) terug in Mokopane wees,” het Polela gesê.

Lizette word oorleef deur drie kinders uit ’n vorige huwelik, Dyllan (31), Niell (27) en Jany (20).

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: misdaad  |  moorde  |  facebook

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.