Man wat bobbejaan skiet aangekla
2011-11-12 21:46
Johannesburg – ‘n Bejaarde man van Vishoek is aangekla van onwettig jag omdat hy ‘n bobbejaan geskiet het wat hom en sy vrou na bewering aangeval het.
Louis Goosen (77) het gesê hy het die bobbejaan uit selfverdediging geskiet toe die dier hom en sy vrou Frankie Greenwood aangeval het.
Die Dierebeskermingsvereniging (DBV), wat die bobbejaan Vrydagaand moes uitsit, het egter gesê die dier was klaar in ‘n buurman se erf toe Goosen geskiet het en die vereniging het Goosen van onwettig jag aangekla.
Goosen het gesê hy het in sy motorhuis gewerk toe die bobbejaan sy huis betree het.
“Hy het my groot laat skrik,” het Goosen gesê.” “Hy was seker vier voet lank.”
‘n Trop van nege bobbejane het die eerste bobbejaan gevolg en in Goosen se huis amok gemaak.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.