Man wat Goldin help ontvoer kry nie parool

2011-11-17 09:09
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch – Dit was ’n lang, uitmergelende dag, maar Denise Goldin was Woensdag tevrede toe die paroolaansoek van die man wat ’n aandeel in die ontvoering van haar seun gehad het, verwerp is.

Nurshad Davids (20) is in 2007 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens sy betrokkenheid by die ontvoering in 2006 van die akteur Brett Goldin (26) en sy vriend, die modeontwerper Richard Bloom (26). Hy was ook betrokke by die roof van hul goedere en geld.

Hy het Woensdag ná minder as ses jaar in die tronk voor die paroolraad by die Drakenstein-gevangenis buite Franschhoek verskyn.

Simphiwe Xako, ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Die Burger gesê die aansoek is verwerp omdat dit “voortydig” was.

“Kragtens wet moet die skuldige twee derdes van sy tronkstraf uitdien voordat hy om parool kan aansoek doen,” het Xako bygevoeg.

Davids, wat tot dusver vyf jaar en vyf maande van sy vonnis uitgedien het, sal eers weer op 25 Mei 2014 voor die paroolraad verskyn.

Me. Goldin het ná ’n vyf uur lange paroolverhoor, wat sy bygewoon het, gesê: “Dit was uitputtend, maar ek is tevrede dat sy paroolaansoek vir nou verwerp is. Wat in die verhoor gesê is, bly in die verhoor.”

Goldin, wat bekend was vir sy rol in die Crazy Monkey-fliek, en Bloom is op 16 April 2006 deur Davids, Jade Wyngaard, Shavaan Marlie en Clinton Davids ontvoer, beroof en doodgeskiet.

Die vermoordes se naakte lyke is ’n dag later langs die M5-snelweg by Mowbray gevind.

Wyngaard is vir sy aandeel tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Marlie en Clinton Davids dien elk 28 jaar tronkstraf uit.

Meer as 3 000 Suid-Afrikaners het hul stemme by ’n Facebook-versoekskrif teen die moontlikheid van parool vir Nurshad Davids gevoeg.

Me. Goldin het gesê sy is oorweldig deur al die ondersteuning en dit bring vir haar emosionele genesing. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.