Man wat 200 km/h jaag kry R1 000 borgtog
2012-01-04 13:17
Johannesburg – ‘n Twee-en-twintigjarige man wat in hegtenis geneem is nadat hy 200 km/h in ‘n 120 km/h-sone op die N4-hoofweg gery het, het in die landdroshof op Brits verskyn, het die departement van openbare veiligheid in die Noordwes Woensdag gesê.
Fardeen Mahomed is op R1 000 borgtog vrygelaat toe hy Dinsdag in die hof verskyn het, het woordvoerder Lesiba Kgwele gesê.
Die saak teen hom is tot 30 Januarie uitgestel vir ‘n verhoor.
Mahomed is op nuwejaarsdag naby Brits in hegtenis geneem toe hy glo 200 km/h gery en deur ‘n spoedkamera gevang is.
Hy het met ‘n BMW 330i van Sun City na Laudium in Pretoria gery.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA