Man verskyn op 12 aanklagte van verkragting
2011-10-06 20:57
Johannesburg – ‘n Man wat daarvan beskuldig word dat hy 12 vroue verkrag het, het Donderdag in die Balfour-landdroshof in Mpumalanga verskyn, het die polisie gesê.
Die saak teen die 35-jarige man is tot 10 November uitgestel vir hom om regsverteenwoordiging te soek, het lt. kol. Leonard Hlathi gesê.
Die man is Dinsdag in die Siyathemba-township in Balfour in hegtenis geneem.
Volgens Hlathi het die man die vroue, tussen die ouderdomme van 30 en 64, sedert 2008 in dieselfde township verkrag.
“Hy het vensters gebreek en in die nag by hul huise ingeglip. Die polisie het om deur DNS-monsters met die misdade verbind,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA