Man vermoor oor R100
2011-11-07 20:00
Johannesburg – ‘n Man van Midrand wat skynbaar sy huismaat oor ‘n
R100 doodgemaak het, word deur die Gauteng polisie gesoek.
Die bure het 22 Oktober gehoor hoe die twee
mans in hul huis in Ivory Park oor R100 stry, het polisiebeampte Neldah Hlase
gesê.
Die slagoffer se vriend het kort daarna
verdwyn, nadat hy hulle huis agter hom toegesluit het.
‘n Onaangename reuk het egter uit die huis
ontsnap en die bure het die polisie gebel.
Die man se lyk is in die huis gevind.
Hy was toegegooi onder ‘n hoop komberse en het
verskeie brandwonde aan sy lyf gehad.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA