Man vermoor in sokker-bakleiery
2009-10-11 13:07
Johannesburg - Vyf mans is Sondag gearresteer vir die moord op 'n man in 'n bakleiery oor 'n sokkerwedstryd, het die Oos-Kaapse polisie gesê.
Die mans, tussen 16 en 28 jaar oud, was by die plek in Ngcobo waar 'n bakleiery uitgebreek het, het supt. Mzukisi Fatyela gesê.
"Die man is doodgeslaan."
Fatyela het nie geweet watter spanne gespeel het nie.
Die vyf mans verskyn Maandag in die landdroshof in Ngcobo.
- Sapa