Man vermoor, begrawe vriendin
2011-05-30 22:03
Johannesburg - ‘n 28-jarige man is Maandag in hegtenis geneem in verband met die moord op sy meisie in Tshamahansi naby Mokopane, het die polisie in Limpopo gesê.
Die 22-jarige vrou, wat as Nomsa Baloyi geïdentifiseer is, is Woensdag vermoor. Haar lyk is Maandagoggend in ‘n vlak graf by ‘n oopte in Tshamahansi gevind, het kol. Mohale Ramatseba gesê.
Volgens Ramatseba is dit nog nie duidelik hoe Baloyi vermoor is nie.
Die man sal eersdaags in die Mahwelereng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA