Man vermoedelik in Vaaldam verdrink
2010-09-26 20:34
Johannesburg – Daar word vermoed dat ‘n man Sondag in die Vaaldam verdrink het ná ‘n ongeluk op ‘n kanoe, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
Die man het saam met vriende op die damwal gekamp. Hy was besig om vis te vang uit ‘n klein kanoe toe dit óf omgeslaan, oóf hy uitgeval het, het woordvoerder Craig Lambinon in ‘n verklaring gesê.
Die man het nie ‘n reddingsbaadjie aangehad nie.
‘n NSRI-span is al sedert 10:30 besig met ‘n soektog. Polisieduikers het ook ‘n soektog vir die man geloods.
Sy identiteit is aan die polisie bekendgemaak om sy naasbestaandes in kennis te stel.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA