Man vermis ná boot by Hermanus omslaan

2010-11-25 17:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Twee-en-twintigjarige man word vermis nadat die boot waarop hy besig was om vis te vang Woensdagaand omgeslaan het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Donderdag gesê.

“Vrywilligers van NSRI in Hermanus is om 06:20 ingelig dat twee mans vermis is ná ‘n nag se visvang op die Botrivier-strandmeer,” het Henk Henn, NSRI Hermanus se stasiebevelvoerder gesê

‘n Soektog is geloods na ‘n 54-jarige man en sy 22-jarige seun, wat laas gesien is waar hulle ‘n 3,5 meter lange boot uitgevat het om die aand te gaan visvang, het hy gesê.

Toe hulle teen 06:00 nog nie teruggekeer het nie, het familielede hulp ontbied.

Die boot, wat omgeslaan het, is Donderdagoggend deur reddingswerkers gevind en kort daarna het hulle die pa op die strand gevind.

Hy is vir skok behandel en na ‘n hospitaal geneem.

Die soektog na die vermiste seun duur nog voort.

“Volgens die oorlewende is hulle Woensdagaand omstreeks 23:30 deur ‘n brander omgeslaan. Hulle het oliepakke en rubberstewels aangehad en nie reddingsbaadjies gedra nie, so dit het hul pogings om te bly dryf bemoeilik.

Die pa het glo aan die boot se romp vasgeklou, terwyl die seun aan ‘n drywende petroltenk vasgehou het.

“Dit blyk of die 22-jarige êrens deur die nag verdwyn het.

“Die pa het gesê dat hy op een punt weggedraai het van sy seun, maar toe hy weer kyk, het sy seun verdwyn.”

Die pa het dit gevolglik reggekry om tot op die strand te swem.

Volg Nuus24 op Twitter


 

- SAPA

Lees meer oor: seereddings  |  nsri

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.