Man verkrag glo vierjarige
2011-01-21 23:00
Johannesburg – ‘n 44-jarige man is Donderdagaand in Sharpeville in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n vierjarige meisie verkrag het, het die polisie in Gauteng gesê.
“Die vierjarige se ma het onraad vermoed nadat die kind gekla het van pyn wanneer sy urineer,” het ao. Aubrey Moopeloa, polisiewoordvoerder, Vrydag gesê.
Na bewering het die slagoffer se ma later vasgestel dat ‘n man, wat bekend was aan die gesin, die meisie verkrag het.
Volgens Moopeloa het ‘n dokter bevestig dat die meisie verkrag is.
Die verdagte is in aanhouding maar is nog nie aangekla nie. Hy sal binnekort in Vereeniging in die landdroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA