Man verkrag glo huishulp
2010-01-27 13:11
Durban – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy huishulp in Durban-Noord, KwaZulu-Natal verkrag het, het die KwaZulu-Natalse polisie Woensdag gesê.
“Die man is gister (Dinsdag) in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hy na bewering sy 24-jarige huishulp verkrag het,” het kapt. Khephu Ndlovu gesê.
Die huishulp het geslaap toe die man haar kamer binnegegaan, en haar vermoedelik verkrag het.”
Die verdagte verskyn binnekort in die hof.
- Sapa