Man verkrag glo eks
2010-12-08 13:35
Johannesburg - ‘n 31-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy eks-meisie in Soweto, Johannesburg, verkrag het, het die polisie Woensdag gesê.
Die man het na bewering die vrou rondom 17:00 Dinsdag besoek en gevra of hulle kan praat, het ao. Kay Makhubele gesê.
“Sy was alleen by die huis toe hy haar besoek het. Hy het ingegaan, die deur toegemaak, die vrou tot op ‘n bed gestoot en haar toe verkrag.”
Sy het ‘n klag van verkragting ingedien en die man is Dinsdagnag in hegtenis geneem.
Hy sal na verwagting Donderdag in die Protea Landdroshof verskyn.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA