Man verkool ná plakkershut brand
2011-12-25 15:41
Kaapstad – 'n Man is onherkenbaar verkool en 15 ander mense is dakloos gelaat ná 'n brand vier plakkershutte in Phumlani, Kaapstad, verwoes het.
Wilfred Solomons-Johannes, Kaapstad se rampbestuur-woordvoerder, het gesê die man se verkoolde lyk is omstreeks 02:00 in een van die plakkershutte gevind.
Die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA