Man verkool ná bakkie rol
2012-01-28 16:02
Nelspruit – 'n Man het verkool nadat sy bakkie op die N4 naby die Witbank-afrit gerol en in vlamme uitgebars het, het paramedici gesê.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê hoewel die oorsaak van die ongeluk nie bekend is nie, wil dit voorkom of die bakkie verskeie kere gerol voor dit 11:00 in vlamme uitgebars het.
Paramedici kon nie die brand blus en die man, wat in die wrak vasgekeer was, red nie.
Die man is later op die toneel dood verklaar.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA