Man verkool glo oor sigaret
2009-10-05 13:30
Kaapstad - Die polisie is besig om die dood van die 20-jarige Lee Steyn van Goodwood, Kaapstad, te ondersoek nadat hy glo met 'n sigaret in 'n voertuig aan die slaap geraak het.
Steyn se verkoolde lyk is Sondagoggend op die agtersitplek van sy ouers se uitgebrande Land Rover gevind.
Die voertuig was oorkant sy ouerhuis parkeer toe die voorval gebeur het.
Polisie kon nie aan Die Burger bevestig of 'n aangesteekte sigaret wél die oorsaak van die brand was nie. Die ondersoek duur voort.
– Die Burger