Man vergas homself en kinders oor verlore liefde
2010-11-04 12:51
Kaapstad – ‘n Man van Ottery wat homself en sy twee kinders vergas het, het nooit oor sy vrou se dood gekom nie, het ‘n vriend van die oorledene gesê.
Die slagoffer se swaer het die 44-jarige man en sy twee seuns, onderskeidelik vyf en sewe jaar oud, Woensdag in hul motor in die motorhuis gevind, berig Eyewitness News.
Die man se vriendin, wat haarself slegs as Colleen voorgestel het, het gesê dat die man gesukkel het om vrede te maak met sy vrou se dood.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.