Man vergas hom met konkoksie

2011-12-10 08:01
Tweets Share Share line Print

Een van die plakkate waarmee die man gewaarsku het teen die gifgas. Foto: Sakkie van der Schyff

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Parys. – ’n Man het in vreemde omstandighede selfmoord gepleeg deur ’n dodelike gaskon­koksie in sy motor te meng.

Voor dit het hy eers plakkate op die motor se ruite geplak wat nooddienswerkers waarsku dat die gas uiters gevaarlik is en dat hulle nie die deure moet oopmaak nie, het Jeffrey Wicks, Netcare-woordvoerder, gesê.

Die man se lyk is Vrydag in die vroeë oggendure in sy motor sowat 8 km buite Parys op die Fochville-pad gekry deur mense wat verbygestap het.

Die motor was toegesluit, het konst. Duduzile Zwane, polisiewoordvoerder, gesê.

Brandweermanne het gasmaskers opgesit om sy lyk uit die motor te verwyder, het Wicks gese.

Dit blyk hy het verskeie soorte nywerheidschemikalieë gemeng wat ’n uiters giftige gas, soortgelyk aan chloorgas, gemaak het.

Polisie het inwoners van hoewes naby aan die toneel hul huise laat verlaat en ook diere laat verwyder.

Desiré Forster, ’n inwoner, het gesê die man het die hele Donderdag in sy motor voor hul hoewe se hek deurgebring en in ’n stadium by die hek “rondgehang”.

“Hy het twee keer in die loop van die dag geld vir petrol kom vra.

“Ons is maar versigtig vir misdaad en my werkers het hom weggewys.

“Hulle sê hy kom van Zimbabwe.”

Teen 17:00 het die man plat in die motor gelê, het Forster gesê.

Toe sy teen 01:00 gaan slaap het, was daar ’n ambulans by die motor, want sy het die flitsende rooi ligte gesien.

Die oggend het dit gewemel van polisiemanne en nooddienswerkers en sy en haar man, Errol, moes die huis verlaat. Hul troeteldiere moes ook saam.

Zwane het gesê lede van die Vereenigingse bomopruimingseenheid is na die toneel en het die gas laat ontsnap.

Die polisie kon die man se identiteit nog nie bekend maak nie omdat sy naasbestaandes nog in kennis gestel moet word van sy dood.

Hy was tussen 25 en 30 jaar oud.

Sy het bevestig dat die motor ’n Zimbabwe-nommerplaat het.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: selfmoorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.