Man verdrink voor familie in Jeffreysbaai
2013-01-14 09:32
Johannesburg – ‘n Man het die naweek in Jeffreysbaai verdrink nadat ‘n brander hom vermoedelik in die see getrek het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê.
Die oorledene, Frans Gerber (47), se vriende wat saam met hom geswem het, het hom probeer red toe hy in die moeilikheid beland het.
Gerda Swart, ‘n polisiewoordvoerder, sê die man was van Joubertina in die Oos-Kaap.
“’n Brander het hom na bewering verras en hom onder die water ingetrek. Gerber het onder die water gegaan en vriende het hom tevergeefs probeer red,” het die woordvoerder in die verklaring gesê.
Volgens die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) het omstanders die man probeer bybring, maar paramedici het hom later op die toneel dood verklaar.
Sy familie, wat ook op die strand was, is deur die polisie se trauma-beraders bygestaan.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA