Man verdrink toe hy tas uit rivier haal

2010-07-01 09:47
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Kroonstad – Yskoue water en die “misleidende” diepte van die Valsrivier met sy kolke het ’n Kroonstadse man waarskynlik oorweldig toe hy met dapperheid in die water gespring het om ’n kleretas uit te haal.

“Ek het die een oomblik nog sy kop bo die water gesien en die volgende was hy weg,” het ’n erg verslae Jaco du Plessis (22) Woensdag op die oewer aan Volksblad gesê.

Andries Vermaak (41) het Dinsdagaand voor Du Plessis se oë in dié rivier, wat deur Kroonstad loop, verdrink.

“Andries het nie gespook of gespartel nie. Hy het net verdwyn.”

Du Plessis het aanvanklik gedink Vermaak, wat die afgelope drie maande by hom geloseer het, maak ’n grap.

Toe Vermaak egter ná ’n ruk steeds onder die water was, het Du Plessis onraad vermoed en die polisie ontbied.

Kapt. Msisitheki Selima, woordvoerder van die Kroonstadse polisie, sê die voorval het omstreeks 21:00 gebeur.

Die polisie se duikeenheid in Welkom het Vermaak se lyk én die kleretas Woensdagoggend uit die water gehaal. Du Plessis het verslae langs die oewer gestaan en kyk hoe die duikers na die lyk soek.

Du Plessis en ander familielede het sy broer, Kobus (26), Dinsdagaand op die treinstasie in die middedorp gaan haal. Vermaak was saam.

Hulle het van die treinstasie oor die Alexanderbrug (die “robotbrug” soos dit in inwonersmond bekend staan) na Du Plessis se huis in die woongebied Suidrand gestap.

Vermaak het Kobus du Plessis se vrou, Louise, se kleretas gedra. In ’n stadium het die tas glo oor die brugreling in die rivier geval, sê Selima.

Vermaak het toe na die oewer gehardloop en in die water gespring.

Du Plessis (Jaco) sê Vermaak het “ingegaan, ’n ent geswem en toe net afgegaan”.

Vermaak, wat glo van Warmbad is, het die afgelope drie maande by Du Plessis geloseer. Hy het by ’n insleepdiens op die dorp gewerk.

Volgens ’n jare lange inwoner het die Valsrivier sy naam gekry omdat die rivierbodem op sekere plekke baie ongelyk is. Voorts is daar glo ook kolke. Dít mislei mense (is “vals”) en het al tot vele verdrinkings gelei.

- Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: verdrinkings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Willem sê... Die vraag is, Gaan die geld regtig daar uitkom, of gaan dit net weer in daardie korrupsie put vedwyn? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 189,000.00

CHEVROLET

SONIC 1.6 LS 5DR
2012
R 166,950.00

TOYOTA

RunX 140i RT 5-dr
2005
R 102,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.