Man verdrink in swembad
2011-10-23 19:08
Johannesburg – ‘n Man het verdrink in ‘n swembad by ‘n huis in Cleland, Pietermaritzburg, het paramedici Sondag gesê.
Die 20-jarige man, ‘n tuinier by die huis, is Saterdag dood in die swembad gevind deur die eienaars, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Hy is uit die water getrek, maar was reeds dood toe paramedici by die huis aangekom het, het hy gesê.
Die polisie stel ondersoek in.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA