Man verdrink in gastehuis se swembad
2009-11-12 23:25
Johannesburg – ‘n 19-jarige man het Donderdag in ‘n swembad by ‘n gastehuis in Springs verdrink, het paramediese werkers gesê.
Chris Botha, woordevoerder van Netcare 911, het gesê die man was oorspronklik van Pakistan en was in Suid-Afrika vir ‘n troue.
“Hy was vir vier ure vermis...toe hulle hom uiteindelik rondom 21:000 vind, het sy lyk in die swembad gedryf.”
Botha het gesê dat paramediese werkers vir ‘n uur lank probeer het om hom te resussiteer, maar hy is op die toneel as dood verklaar.
- Sapa