Man veg om lewe ná kaping
2010-08-04 19:55
Kaapstad – ‘n 36-jarige man is in ‘n kritieke toestand nadat hy ‘n skietwond tydens ‘n beweerde kaping opgedoen het, het ‘n woordvoerder gesê.
Toe paramedici by die toneel opdaag het die man ‘n ernstige borswond gehad, het Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
‘n Helikopter en ‘n trauma-dokter is na die toneel ontbied om die pasiënt te help, het hy gesê.
Nadat die dokter en paramedici die man gestabiliseer het, is hy per helikopter na die Netcare Union-hospitaal geneem vir die nodige behandeling.
Die voorval het Woensdagmiddag in die Walkerville-area plaasgevind.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter.