Man vas wat vyfjarige probeer verkrag
2011-11-09 21:59
Johannesburg – ‘n Een-en-vyftig-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n vyfjarige meisie in Naledi probeer verkrag het, het die polisie in Soweto gesê.
Die man het na bewering Dinsdag omstreeks 18:30 die kind bo-op hom geplaas toe die kind se ma hom deur ‘n venster raakgesien het, het kapt. Fezile Malesa gesê.
Die vrou het op die man, wat in haar huis was, geskree. Dit het hom gekeer om verder te gaan.
Die polisie is in kennis gestel en die man is in hegtenis geneem. Die kind is ongedeerd.
Volgens Malesa sal die man vandeesweek in die Protea-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot verkragting.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA