Man vas wat skolier beroof, steek
2011-08-26 18:35
Johannesburg – ‘n Man wat na bewering ‘n 16-jarige skolier
met ‘n mes aangeval en beroof het is by sy huis in Swaneville, Kagiso, in hegtenis
geneem.
Die man was een van drie wat die skoolseun,
wat oppad huis toe was ná skool, aangeval het.
Hulle het sy selfoon gesteel en hom in die
skouer en bobeen gesteek voor hulle weggehardloop het.
Die seun het huis toe gestap waarna hy
hospitaal toe gehaas is.
Die man wat in hegtenis geneem is sal die
29ste Augustus in die Kagiso landroshof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA