Man vas wat sewejarige verkrag
2012-01-05 16:03
Johannesburg – ‘n Vier-en-dertigjarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n sewejarige meisie in Zola, Soweto, verkrag het, het die polisie Donderdag gesê.
Die meisie het Woensdag saam met vriende gespeel toe die man haar na sy hut geroep het. Toe sy binne kom het hy die deur gesluit en haar glo verkrag, het ao. Kay Makhubela gesê.
Die meisie het vir haar ma van die voorval vertel en sy het dit by die polisie gaan aangee.
Die meisie is na ‘n dokter geneem en die verkragting is bevestig.
Die man is Donderdag in die vroeë oggendure by sy hut in hegtenis geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA